Tuisblad / Home page
Bevryde,Sappige Vriendinne
Aanbiedings / Presentations
Optredes / Performances
Produkte / Products
Kontak / Contact

Elsabe het aan die sy van haar diplomaatman al in Londen, New York, Windhoek en Washington gewoon. Sy is ‘n oud-dramastudent, oud-onderwyseres, oud-ambassadeursvrou, oud-verfkontrakteur, oud-bemarkingsbestuurder, oud-eiendomsagent, oud-boervrou en oud-skakelbeampte.  Sy het ‘n nagraadse diploma in Suggesto-pedagogiek verwerf en oor drie jaar besoekende buitelandse dosente en studente basiese Afrikaans leer praat aan die Universiteit van Stellenbosch.

Sy is die afgelope tien jaar ‘n pretprater, motiveringskonsultant en opleier. Sy tree dikwels op as seremoniemeester  en geleentheidspreker. Sy bied personeelverrykingseminare aan met temas soos leierskap, bestuur en die wengewoontes van sukses. Haar trefwydte is van die korporatiewe wêreld tot kerkgroepe.

Sy lei ook kinders en volwassenes op oor spontaan praat voor mense met haar werkwinkel LIG JOU KEN EN Sê JOU Sê. Sy is die dogter van ‘n skrywersma en volg graag in haar voetspore. Daar het al ses boeke uit haar pen verskyn. Van haar tienerboek Is jy cool of common? is reeds meer as  30 000 kopieë verkoop en ongeveer 10 000 kopieë van Vonkelkyk op die lewe deur Carpe Diem Drukpers.  Sy het reeds vier CD's op die mark vir luister op die langpad, veral as jy nie tyd het om self al die boeke te lees nie. Dit handel oor humor, ouerskap en oorwinning oor oudword en papgeklaptheid. Elsabe is ‘n bekende vir  Finesse-tydskriflesers. 

Elsabe is die stigter en sameroeper van 'n vriendskapsklub vir vroue, naamlik die Bevryde, Sappige Vriendinne en organiseer jaarliks sprankelgeleenthede waartydens sy, ander sprekers en kunstenaars optree om vir vroue kuierkans, pitkos en pret te bied. Die mikpunt is om uiteindelik landswyd en in Namibië takke te hê.

Op ‘n persoonlike noot: sy is al 39 jaar getroud met haar eerste liefde, Stephan, tans 'n prokureur. Hulle het drie kinders: Stephan (31), Catrina (28) en Dirk (24).


-----------------------------------


Produkte beskikbaar


Bevryde
Sappige Vriendinne
Naam

Van

E-posadres

Provinsie

 
 
  
Kontak

Elsabe Aldrich,
Dirkie Uysstraat 58,
Sandbaai, Hermanus 7200
Republiek van Suid-Afrika

Tel: +27 28 316 3739
Faks: +27 28 316 3739
Selfoon: +27 82 895 9899
E-posadres: elsabe@elsabealdrich.co.za

Click here for English details